Bladsy 1


BAR 0NE POEDING


120g roomkaas
3 Bar Ones in stukkies gesny
250ml room, geklop
700ml melk
2 pakkies sjokolade geur kitspoeding
1 pakkie Romany Creams, grof gebreek
50g gerasperde sjokolade

Meng die roomkaas en Bar Ones. Vou die geklopte room in. Klits die melk en kitspoeding saam. Laat 5 minute in die yskas stol. Skep ‘n derde van die kitspoeding in ‘n glaspoedingbak. Sprinkel die helfte van die stukkies beskuitjies daaroor, dan die helfte van die roomkaasmengsel. Herhaal die lae en eindig met die oorblywende derde van die sjokoladepoedingmengsel. Skep die roomkaasmengsel oor me die oorblywende kitspoedingmengsel bo-op. Sprinkel die res van die stukkies Bar One en gerasperde sjokolade oor en dit 4-5 uur in die yskas tot dit gestol het.


KOUE KERSFEESPOEDING


1½ koppies fyn gerolde Marie beskuitjies
8 malvalekkers
¼ koppie suiker
½ koppie gekapte neute
125ml gemengde skil
¼ teelepel fyn neut
250ml room
¼ koppie lemoensap
mespunt kaneel
125ml dadels
gerasperde skil van 1 suurlemoen

Meng krummels, vrugte, neute, skil en speserye. Verhit die lemoensap en los die malvalekkers daarin op. Voeg die suiker by en gooi oor die krummels en vrugte. Klop die room styf en vou dit by die mengsel in. Plaas die nagereg in die yskas om styf te word.


MOKKA KAASKOEK


Kors:
2x200g Romany Creams
80ml gesmelte botter

Vulsel:
10ml gelatien
250ml room
2x250g geroomde maaskaas
15ml kitskoffie-poeier
2x100g plakke sjokolade

Maak die beskuitjies fyn. (In ‘n voedselverwerker indien beskikbaar). Meng met die botter en druk teen die kante en op die bodem van ‘n tertbord vas. Verkoel. Strooi die gelatien oor 30ml water. Verhit totdat die gelatien gesmelt is, maar dit moenie kook nie. Klits die room styf en vou by die maaskaas in. Los die koffiepoeier op in 15ml kookwater en voeg dit saam die gesmelte gelatien by die roommengsel. Meng goed deur. Smelt die sjokolade oor kookwater of in die mikrogolfoond. Roer elke nou en dan tot gesmelt. Voeg by die roommengsel en vou in sodat die mengsel in marmer voorkoms het. Giet in die voorbereide kors en verkoel tot gestol.


PEKANNEUT-KAASKOEK


Kors
80 ml sagte botter
200 g volgraanbeskuitjies, fyngemaak

Vulsel
3 x 250 g maaskaas
185 ml bruinsuiker
5 ml vanielje-geursel
3 eierwitte, geklits
10 g (1koevertjie) gelatien
60 ml water
75 g pekanneute, opgekap

Bolaag
100 ml bruinsuiker
75 ml versiersuiker
60 g botter
30 ml water
25 g pekanneute, grof gekap

Vir die kors:
Voer 'n veerknip-losboompan van sowat 24 cm in deursnee met bakpapier uit. Meng die botter en beskuitjies saam en druk met 'n lepel vas op die boom van die pan. Verkoel in yskas.

Vir die vulsel:
Klits die maaskaas, suiker en vanielje-geursel saam. Vou die eierwitte in. Spons die gelatien oor die water. Smelt die gelatien oor kokende water of in 'n mikrogolfoond. (Maak seker dat dit nie kook nie.) Roer dit saam met die pekanneute by die mengsel in. Skep in voorbereide koekpan. Plaas terug in yskas.

Vir die bolaag:
Mikrogolf die eerste drie bestanddele saam op hoog vir 30 sekondes totdat die botter begin smelt. Roer goed deur en mikrogolf vir 'n verdere 15 sekondes. Roer tot glad. Klits die water by. Roer die neute by. Verkoel en smeer dan oor die koek. Los in yskas tot gestol.


KONDENSMELKTERT


1 x 397g blik kondensmelk
3 koppies water
6 eetlepels mielieblom
2 eiers, geel en wit apart
1 teelepel margarien
1 teelepel vanielje geursel
tennisbeskuitjies

Verhit die kondensmelk en water. Meng die mielieblom met ‘n bietjie water en roer dit by die melk. Roer die mengsel tot dit dik word en verwyder van hitte. Voeg die geklitste eiergele by en laat die mengsel weer kook tot dit gaar is. Voeg die botter en geursel by. Pak ‘n laag beskuitjies in ‘n tertbord en gooi die helfte van die vulsel oor, dan nog ‘n laag beskuitjies met die res van die vulsel oor. Rol ‘n paar beskuitjies fyn en strooi bo-oor.
Versier met kersies.


KOUE APPELKOOSPOEDING


2 eetlepels gelatien
1 koppie koue water
6 eiers, geskei
1 eetlepel suurlemoensap
2 koppies suiker
3 koppies appelkooshelftes
1 teelepel sout
1 koppie room, geklop

Week gelatien in koue water en verhit stadig tot dit gesmelt is. Klits eiergele goed en voeg die suiker geleidelik by. Voeg sout en suurlemoensap by. Verhit die mengsel oor kokende water en kook tot dit aan die lepel begin vaskleef. Voeg gelatien by en klop goed. Laat afkoel. Klits die mengsel goed tot dit begin skuimerig word en voeg die styfgeklopte eierwitte by. Voeg appelkose en geklopte room by. Plaas in die yskas om te stol.


KORSLOSE MELKTERT


Maak 2 terte van 20 cm of 1 groot tert van 30 cm.
Min van ons kan 'n sny donsige melktert ryk met botter en geurige speserye weerstaan. U sal tyd bespaar deur nie 'n kors te maak nie - en meer as 'n paar kilojoules ook.

1 liter melk
½ kaneelstokkie
skil van ½ suurlemoen of lemoen
45 ml botter
250 ml koekmeel
250 ml suiker
1 ml sout
7,5 ml bakpoeier
4 eiers, geskei
2,5 ml amandelessens
10 ml fyn kaneel

Verhit melk, kaneel, suurlemoenskil en botter tot kookpunt en laat 20 minute trek. Meng meel, suiker, sout en bakpoeier. Dreineer melkmengsel en voeg by die eiergele. Klop melkmengsel by die meelmengsel. Voeg amandelessens by. Plaas mengsel terug op die stoof en verhit oor matige hitte tot kookpunt. Roer met 'n houtlepel. (Moenie bekommerd wees as 'n paar klonte vorm nie, klits dit glad met 'n klitser nadat u die eierwitte geklop het.)
Smeer tertbak mildelik met sagte botter. Sprinkel met brood-, koekie- of beskuitkrummels (of gebruik hawermout, muesli of wat ook al beskikbaar is). Klop eierwitte met 'n druppel asyn of suurlemoensap tot dit hul vorm behou en sagte punte vorm. Klits melktertmengsel om klonte te verwyder.
Vou eierwitte in die tertmengsel en gooi in tertbak(ke). Sprinkel met kaneel. Bak 25-35 minute by 190C. Skakel die oond af en laat 15 minute in die warm oond afkoel. Sit warm of by kamertemperatuur voor.


KOUE MALVA LEKKER POEDING


410 g ingedampte melk, oornag verkoel
1 blik gekookte kondensmelk
1 pak (150 g) malvalekkers
12,5 ml botter of margarien

Klits die ingedampte melk styf en roer die gekookte kondensmelk daarby in. Smelt die malva- lekkers in die botter of margarien in 'n bak oor 'n kastrol met warm water en roer by die melk- mengsel. Plaas in die yskas tot yskoud en gestol.
Lewer 6 porsies. Sit voor met roomys


LIETSJIE HEERLIKHEID


410g (1 blik) ingedampte melk
250ml kookwater
750ml lietsjiesap
3 pakkies (80g) elk groen jelliepoeier

Verkoel die ingedampte melk oornag in die koelkas. Maak jelliepoeier aan met die kookwater. Voeg die lietsjiesap by en meng. Laat dit afkoel tot dik, maar nie gestol nie. Klits die ingedampte melk tot ‘n dik skuim en vou die jelliemengsel daarby in. Verkoel tot gestol en versier soos verkies.
Lewer 12 porsies.

Please support our sponsors