AARBEIPOEDING IN MANDJIE VAN BLAARDEEG
400 g blaardeeg
750 g aarbeie
30 ml strooisuiker
15 ml lemoensap
250 g Bulgaarse jogurt
250 g gladde maaskaas
50 g geroosterde amandelvlokkies
15 ml versiersuiker
Stel oond op 200°C tot 220°C. Rol die deeg op 'n meelbestrooide
oppervlak uit tot 'n reghoek van 250 mm x 300 mm. Plaas die stuk deeg op 'n
voorbereide bakplaat. Prik die deeg hier en daar met 'n vurk. Indien verkies, kan jy die deeg 'n
randjie rondom gee: Maak met 'n mes 'n sny (nie regdeur nie) al om die deeg
sowat 20 mm van die kante af na binne. Bak sowat 10 tot 15 minute tot goudbruin
en gepof. Laat op 'n draadrak afkoel en plaas dan op 'n mooi opdienbord. Sny
die aarbeie in helftes, of kwarte as hulle te groot is. Strooi die suiker oor
die vrugte en draai die vrugte versigtig met 'n lepel om sodat die suiker, wat
smelt, 'n stroop vorm. Giet die lemoensap oor en roer weer versigtig deur. Meng die jogurt en maaskaas en smeer die mengsel oor
die afgekoelde deeg, of skep dit bo-op.
Dreineer aarbeie en hou die stroop. Rangskik die aarbeie op die
maaskaas-mengsel en, indien verkies, gooi die stroop oor. Strooi die amandels
en versier-suiker oor.
Lewer 6 tot 8 porsies
MAKADAMIA EN ROOMLIKEURTERT
1 diep tertkors van 30 cm (brosdeeg of krummelkors)
Vulsel
5 eiers
310 ml strooisuiker
2 ml sout
180 ml sagte botter
250 ml esdoringstroop
180 ml roomlikeur (Cape
Velvet,of Amarula)
500 ml makadamianeute, grof gekap en lig gerooster
Voorverhit die oond tot 150 °C. Klits die eiers en suiker saam tot lig
en donsig. Voeg die sout by. Verroom die botter en stroop saam en voeg die
eiermengsel by. Klits tot goed gemeng. Roer die likeur en makadamianeute by en
skep in die voorbereide tertkors. Bak vir 1-1½ uur of tot die tert ferm is.
Laat afkoel en sit voor met koffie of as nagereg met 'n skeppie roomys. Lewer
een groot tert.
Belangrik: As jy broskorsdeeg vir die tert gebruik, bak dit blind voor
die vulsel in-geskep word.
MAASKAASTERT
1 blik kondensmelk
1 pak gewone maaskaas
½ koppie suurlemoensap
1 klein blik youngberries
tennisbeskuitjies
1 pakkie orleywhipp
2 teelepels gelatine
1 koppie koue water
Verdik kondensmelk met suurlemoensap. Voeg maaskaas by en orleywhipp.
Verdik youngberrie stroop met 1 eetlepel mielieblom. Kook saam. Gooi by
melkmengsel. Plaas bessies in mengsel. Laat stol 3 ure in die yskas.
PEKANEUTTERT
500ml (220g) pekkanneute, gekap
50ml koekmeelblom
knippie sout
500ml (400g) sagte bruin suiker
140ml kookmelk
7,5ml vanieljegeursel
75ml (70g) botter of margarien, gesmelt
3 eiers
Verhit die oond tot 200C. Smeer 'n oondtertbak. Voer die bak met 'n
broskorsdeeg uit. Bedek die kors met die neute. Sif die koekmeelblom en sout
saam. Voeg die suiker by en meng goed. Voeg die kookmelk by die meelmengsel en meng. Roer die geursel by. Roer die gesmelte botter of
margarien by die mengsel. Klits die eiers liggies, voeg 'n paar lepels van die
meel-melkmengsel by, roer deur en voeg saam met die geursel by die meel-melkmengsel. Meng deeglik. Giet die mengsel baie versigtig oor die
neute. Bak die tert ongeveer tien minute lank by 200C. Verlaag die temperatuur
tot 160C en bak die tert nog ongeveer 40 minute lank tot die kors goud begin
verbruin. Laat effens afkoel voor dit opgedien word of sit koud voor
TIPSY TERT
Maak eers die sous en laat afkoel voor gebruik.
Sous:
375ml suiker
300ml water
5ml sout
12,5ml botter
Kook saam vir 10 minute. Verwyder van hitte en voeg 125ml brandewyn by
Tert:
500ml gesnipperde dadels
5ml koeksoda
250ml kookwater
375ml meelblom
250ml suiker
50ml botter
125ml okkerneute en glanskersies
1 groot eier
Gooi kookwater en koeksoda en voeg botter by. Klop suiker en eier. Roer
droë bestandele in en voeg dadel mengsel by. Meng goed deur. Gooi in goed
gesmeerde bakskottel. Rangskik neute en kersies bo-op. Bak by 180°C. Wanneer
gaar, prik koek me 'n dik breinaald en goei afgekoelde sous oor. Versier met
stryfgeklopte room, indien kersies en neute nie as versiering gebruik is nie.
KARAMEL YSKASTERT
KORS
Halwe pakkie Nutty Crust-beskuitjies, gekrummel
25ml botter gesmelt
VULSEL
125 ml vars room
2 sakkies Orley Whip
1 blikkie (380g) karamel
250g geroomde maaskaas
15ml gelatien, opgelos in 125ml water
125ml strooisuiker
10ml karamelgeursel
Vir die kors:
Meng die beskuitjiekrummels en botter en druk dit vas in 'n gesmeerde
losboompan, 240mm in deursnee.
Vir vulsel:
Klop elkeen van die twee rome
afsonderlik styf en hou eenkant. Klop die karamel en maaskaas saam. Roer die
opgeloste gelatien, strooisuiker en geursel by die karamelmaaskaasmengsel. Vou
die twee styfgeklopte rome
in en giet die mengsel in die kors. Laat stol oornag in die yskas.
NATANIËL SE DONKER POEDING
1 koppie dadels, gekap
1 koppie kookwater
1 teelepel koeksoda
2 eetlepels botter
½ koppie strooisuiker (gewone suiker ook goed)
2 eiers
1 koppie meelblom
3 vye, gekap
Sondige Sous (en ek haal aan...)
½ koppie bruin suiker
3 eetlepels botter
1 koppie vars room
2 eetlepels brandewyn
Plaas dadels & koeksoda in 'n bak & gooi kookwater oor. Klits
botter & suiker tot lig. Klits eiers een vir een by.
Vou meel by eiermengsel in. Roer dadels & vye by. Gooi mengsel in
'n gesmeerde koekpan & bak vir 50-60 minute by 180C.
Maak die sous:
Verhit botter & suiker saam in 'n kastrol tot die suiker gesmelt
is. Verwyder van hitte en roer die brandewyn & room by. Laat die gebakte
poeding effens afkoel & keer uit op 'n bord. Gooi ¼ van die sous oor die
poeding.
Sny die poeding soos 'n koek en bedien met die res van die sous.
KOUE MALVA NAGEREG
200g pienk malvalekkers
250ml ingedampte melk
125g roomkaas
125ml geklopte vars room
aarbeie
Verhit malvalekkers en ingedampte melk in swaarboomkastrol. Klits
roomkaas en room goed saam. Voeg malvalekkermengsel by. Skep in poedingbak of
individuele bakkies en laat afkoel totdat dit gestol het. Bedien met vars
aarbeie.
Lewer 4 porsies.
GOLD CROSS SUURLEMOEN LEKKERNY
250ml suiker
125ml water
397g Gold Cross kondensmelk
550ml Carnation Blend
50ml suurlemoensap
25ml suurlemoenskil
3 eiers room