Bladsy 4



PIENK POEDING


250 ml room
500 ml aarbei jogurt
1 pakkie aarbei jellie
397g kondensmelk
250g maaskaas
1 pakkie aarbei instant poeding
1 pakkie tennisbeskuitjies botter
1 eetlepel vlapoeier
1 koppie warm water

Klits room styf en voeg kondensmelk, jogurt en maaskaas by. Voeg droë instant poeding by. Meng goed deur. Verkrummel tennis beskuitjies met botter. Plaas in bak as kors. Voeg mengsel in bak. Begin eers met die volgende stappe as die tert gestol het. Maak jellie aan met 1 koppie warm water. Voeg vlapoeier by. Kook in mikrogolf tot gaar. Gooi oor gestolde tert


KARRINGMELK POEDING


1 koppie suiker
4 eetlepels botter
3 eiers goed geklop
1 koppie bruismeel
3 koppies karringmelk (500ml karton)
1 koppie melk
1 teelepel bakpoeier
kaneel

Room botter en suiker goed tot lig en donsig. Klop eiers deeglik en voeg by. Sif meel, sout en bakpoeier saam en roer in mengsel. Roer karringmelk en melk geleidelik by. Gooi slap mengsel in gesmeerde bakskottel of bak. Bak 1 uur in 'n mattige oond, vooraf verhit tot 180°C. Strooi kaneel oor poeding as dit afgekoel is.
Bedien met ingelegde vrugte.


KERSFEES DROOMPOEDING


1 pakkie aarbeijellie
1 pakkie lemoenjellie
1 blik ingedampte melk
125ml wyn
250ml gesnipperde kersies
4 eierwitte
1½ koppie water
250ml gekapte okkerneute
vars aarbeie room

Plaas ingedampte melk oornag in die yskas. Los die jellie op in ‘n koppie kookwater en voeg nog ¾ koppie koue water by. Laat goed koud word. Voeg die wyn by die jellie. Klits die ingedampte melk tot styf en voeg die jellie by. Klits die eierwitte goed en vou dit by die poeding in. Voeg die neute en kersies by en meng goed. Gooi in ‘n poedingbak en plaas in yskas om te stol. Versier met geklopte room en aarbeie.


CHOCOLATE MOUSSE


100g donker sjokolade
2 eiers
3 eetlepels Nesquick/Milo
200ml room
2 eetlepels suiker

Breek die sjokolade. Bedek sjokolade met kookwater en los om te smelt. Meng suiker met eiergeel. Meng nesquick/milo met suiker. Meng eierwit met ‘n knippie sout. Meng room tot styf. Gooi die kookwater van die sjokolade af. Meng die nesquick/milo met die sjokolade. Meng saam met die room en voeg eierwit by. Los in yskas vir ten minste 6 ure. Genoeg vir 4 persone.


SPESIALE APPELTERT


3 eetlepels sagte botter
1 koppie strooisuiker
3 geklitste eiers
¼ koppie melk
1 koppie koekmeel
1 teelepel bakpoeier
knippie sout
blikkie tertappels
250ml room

Meng botter en strooisuiker goed. Meng eiers en melk saam. Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam. Meng meel met bottermengsel. Plaas appels in deeg. Strooi kaneel oor en bak by 180ºC vir 45 minute. Kook stroop van suiker en room. Gooi oor gaar tert. Steek met vurk sodat room goed kan inloop. Bedien met styfgeklopte room of koue vla.


OUTYDSE ASYNPOEDING


Sous
500 ml water
500 ml suiker
125 ml asyn

Deeg
30 ml botter
125 ml strooisuiker
2 eiers
375 ml koekmeelblom
5 ml koeksoda
10 ml gemmer
1 ml sout
2 ml neutmuskaat
30 ml appelkooskonfyt

Verhit die bestanddele vir die sous saam tot kookpunt. Laat prut vir 5 minute en laat afkoel. Voorverhit die oond tot 180C en smeer 'n oondbak van 26 cm met botter. Verroom die botter en suiker tot lig en romerig. Klits die eiers een vir een by. Sif die droë bestanddele saam en roer dit by. Roer die appelkooskonfyt by tot goed gemeng. Skep in die gesmeerde bak en giet die afgekoelde sous bo-oor. Bak vir 30-40 minute tot goudbruin. Sit voor met vla of roomys.
Genoeg vir ses mense.


LEMOENPOEDING


'n Effense variasie op die bekende Japie-se-gunsteling. Dié poeding het 'n fyn koeklagie bo-op en baie sous onder-in.

2 eiers, geskei
250 ml suiker
100 ml koekmeelblom
250 ml melk
180 ml lemoensap
15 ml fyn marmelade
Fyngerasperde skil van 1 lemoen
30 ml gesmelte botter of margarien

Voorverhit die oond tot 180C en smeer 'n oondbak van 20 cm met botter. Klits die eiergele en suiker baie goed tot lig en dik. Voeg die meel en melk by en roer tot gemeng. Voeg die lemoensap, marmelade, skil en gesmelte botter of margarien by. Klits die eierwitte tot stywe punte vorm en vou in. Skep in die gesmeerde bak en plaas in die groter oondbak. Vul met water tot driekwart vol. Bak vir 45 minute tot goudbruin. Laat effens afkoel en sit voor. Genoeg vir 4-6 mense.


PYNAPPELPOEDING


Dié poeding vorm 'n romerige laag onder-in en koek bo-op. Ek maak graag 'n dun vla van klappermelk hierby, dan het die poeding 'n egte tropiese geur.

80 ml bruismeel
2 ml sout
125 ml strooisuiker
2 eiers, geskei
125 ml melk
15 ml suurlemoensap
100 ml fyn pynappel
80 ml pynappelsap

Voorverhit die oond tot 180C en smeer 'n oondbak van 22 cm met botter. Sif die meel, sout en strooisuiker saam. Klits die eiergele saam met die res van die bestanddele tot gemeng en voeg by die droë bestanddele. Klits tot gemeng. Klits die eierwitte tot sagte punte vorm en vou in. Giet in die gesmeerde bak en plaas in 'n groter oondbak wat half vol water gemaak is. Bak vir 45 minute tot goudbruin. Genoeg vir 4-6 mense.


FLUWEELPOEDING


125 ml suiker
2 ml sout
180 ml koekmeelblom
1 liter volroommelk
4 eiers, geskei
60 ml botter
5 ml vanieljegeursel
45 ml louwarm appelkooskonfyt
60 ml strooisuiker

Meng die suiker, sout en koekmeelblom. Verhit die melk tot net onder kookpunt. Giet 'n bietjie daarvan oor die meel-en-suikermengsel en meng goed. Giet terug by die warm melk en verhit stadig oor lae hitte terwyl geroer word tot verdik. Klits die eiergele en giet die warm melkmengsel daaroor. Meng goed en voeg diebotter en vanieljegeursel by. Giet in die voorbereide oondbak en bak vir 40 minute teen 160C. Smeer die appelkoos konfyt oor. Klits die eierwitte tot stywe punte vorm en voeg die strooisuiker lepelsgewys by. Klits tot dik en blink. Skep op die poeding en smeer met agterkant van 'n lepel tot die hele poeding bedek is. Bak vir 'n verdere 10-15 minute tot die punte liggoudbruin is. Sit warm voor met dun vla.