KOEJAWELYSKASTERT
1 x 800g blik koejawelhelftes
2 x 410g blikke ingedampte melk
2 x 80g kersie of perskejellie
2 x 200g pakke Tennisbeskuitjies
Dreineer Koejawelhelftes en hou sap eenkant. Druk Koejawels met ‘n vurk
fyn. Meng jelliepoeier en sap wat eenkant gehou is en verhit in pan tot
jelliepoeier gesmelt is. Verwyder van hitte. Voeg fyn gedrukte Koejawels en
ingedampte melk by en roer goed. Pak ‘n laag beskuitjies in ‘n 3 liter tertbord
en skep die helfte van die Koejawel mengsel in. Rangskik nog ‘n laag
beskuitjies bo-oor en skep oorblywende Koejawelmengsel in. Maak orige
beskuitjies fyn en strooi krummels bo-op tert. Bedek met kleefplastiek en
verkoel tot gestol.
KITS VLATERT
500ml melk 100ml suiker
25ml vlapoeier 10ml botter
100ml suurlemoensap 397g (1blik) kondensmelk
1¼ pak Tennisbeskuitjies
Maak vla van die melk, suiker en vlapoeier. Voeg die botter daarby en
laat dit effens afkoel. Klits die suurlemoensap en kondensmelk saam. Pak ‘n
laag beskuitjies in ‘n reghoekige bak. Gooi die gekondenseerde melkmengsel
daarop en smeer gelyk. Pak weer ‘n laag beskuitjies bo-op en gooi die louwarm
vla daaroor. Rasper van die beskuitjies bo-oor en versier soos verkies. Laat dit
goed afkoel.
CREMORATERT
500 ml Cremora
250 ml warm water
1 pakkie beskuitjies, gekrummel
125 ml botter of margarien;
397 g kondensmelk
125 ml suurlemoensap.
Voeg Cremora by warm water en klits tot opgelos. Laat oornag in yskas.
Meng krummelbeskuitjies met botter of margarien en druk vas in 'n tertbord van
27 cm in deursnee. Plaas in yskas. Klits kondensmelk by Cremoramengsel. Roer
suurlemoensap by totdat mengsel verdik. Skep vulsel eweredig op kors en plaas
in yskas.
SJOKOLADESKYWE MET ROOMSOUS
40 g (80 ml) mielieblom
1 ml sout
50 ml koue melk
450 ml kookmelk
250 g baksjokolade
3 eiergele
18 g (30 ml) gelatien
50 ml koue water
30 ml whisky
4 eierwitte
Voer 'n broodpan uit met kleefplastiek. Meng die mielieblom, sout en 50
ml melk tot 'n pasta. Voeg die kookmelk by en roer tot dik. Breek die sjokolade
in klein stukkies en voeg by die mielieblommengsel. Roer totdat dit gesmelt
het. Klits die eiergele by en voeg 'n bietjie van die kookmengsel daarby. Voeg
die res van die
kookmengsel by en meng goed. Roer vir 2 minute oor lae hitte. Week die
gelatien in koue water en laat dit oor kookwater smelt. Voeg by die
sjokolademengsel en laat dit afkoel. Voeg die whisky by en meng. Klits die eierwitte
totdat dit sagte punte vorm en vou by die sjokolademengsel in. Gooi die mengsel
uit in die broodpan en laat dit oornag in die yskas stol.
Roomsous
250 ml room
strooisuiker
Klits die room en voeg strooisuiker by.
Opdiening: Keer die sjokoladevorm uit en sny dit in dun skywe. Plaas 'n
sny op 'n klein bordjie met room-sous om die sny. Drup 'n bietjie aarbeisous op
die roomsous en maak patroontjies met 'n peuselstokkie daarop.
GEBAKTE JELLIEPOEDING
7 eetlepels meelblom
3 eetlepels suiker
4 eetlepels appelkooskonfyt
1 teelepel koeksoda
3 eiers, geklits
2 eetlepels botter
¼ koppie melk
knippie sout
1 pakkie lemoenjellie
½ koppie suiker
Klop die botter en suiker saam tot dit romerig is en voeg die geklitste
eiers by. Voeg appelkooskonfyt by. Los die koeksoda op in die melk. Sif die
droë bestanddele saam en voeg om die beurt met die melk by die geroomde
mengsel. Kook 1 pakkie jellie poeier, ½ koppie suiker en 2 koppies kookwater
saam vir 5 minute.
Gooi die kokende stroop in ‘n vuurvaste bakskottel en skep die deeg
daarin. Bak in ‘n matige oond 180C vir 45 minute.
KARAMEL – TAPIOKAROOM
25ml botter
500ml bruinsuiker
500ml melk
knippie sout
300ml geweekte tapioka
3 ekstra groot eiers, geskei
410g ingemaakte pere, gedreineer en verpulp
5ml vanielje geursel
50ml suurlemoensap
Plaas botter en die bruinsuiker in ‘n kastrol en verhit totdat die
mengsel verdonker. Voeg die melk stadig by terwyl gedurig geroer word totdat
aldie suikerkaramel opgelos is. Voeg die sout en geweekte tapioka gaar en deursigtig is. Klits die eiergele tot lig en voeg van die warm mengsel
stadig by die eiergele en meng goed. Voeg dit dan alles by die orige
tapiokamengsel. Roer en kook sowat 3 minute lank. Laat heeltemal afkoel. Klits
die eierwitte styf en vou dit by die mengsel in. Voeg ook die vrugtemoes,
vanieljegeursel en suurlemoensap by en skep dit uit in ‘n mooi glasbak. Dit lyk baie mooi
as dit in mooi poeding glase voorgesit word.
Bedien met room.
GRONDBONE POEDING
3 eiers, geskei
250ml strooisuiker
25ml grondboontjiebotter
250ml koekmeelblom
5ml bakpoeier
knippie sout
1 liter melk
5ml vanieljegeursel
100ml ongesoute grondboontjies, fyn gekap
Voorverhit die oond tot 180C. Smeer ‘n 1.5 liter bak met margarien.
Klits die eiergele tot lig. Voeg die strooisuiker lepelsgewys by en klits tot
lig en romerig. Voeg die grondboontjiebotter by en klits. Sif die droë bestanddele
saam en voeg dit afwisselend met die melk by die suikermengsel. Voeg ook die
vanieljegeursel en grondboontjies by. Meng goed. Klits die eierwitte styf en
vou dit by die mengsel in. Giet dit in die voorbereide tertbord. Plaas in ‘n
bak en maakdit halfvol met kookwater. Bak 45-55 minute lank of tot goudbruin
van bo en totdat die eiervlamengsel gestol is. Bedien warm met vla.
Genoeg vir 6-8 mense.
BRANDEWYNPOEDING MET SOUS
5 ml koeksoda
250 ml kookwater
125 g ('n halwe pakkie) ontpitte dadels, fyngekap
125 g droëvrugte-koekmengsel
100 g glanskersies, gehalveer
125 g botter of margarien –
250 ml geelsuiker
2 eiers
375 ml koekmeel
'n knippie sout
5 ml bakpoeier 100g pekan- of okkerneute, grof gekap
Sous:
375 ml suiker
250 ml water
15 ml botter
5 ml vanieljegeursel
190 ml brandewyn
Stel die oond op 140 °C. Spuit of smeer 'n vuurvaste bak van 35 cm x 22
cm x 5 cm. Los die koeksoda in die kookwater op en giet oor die dadels. Roer
deur en laat afkoel. Roer die koekmengsel en kersies by. Hou eenkant. Klits
botter en geelsuiker saam tot romerig en klits eiers een-een by. Sif die
koekmeel, sout en bakpoeier saam en roer geleidelik by eiermengsel. Voeg neute en
laastens afgekoelde dadelmengsel by. Meng goed. Skep in voorbereide bak en bak
sowat 50 — 60 minute. Maak intussen die sous wat dadelik oorgegiet moet word
sodra die poeding uit die oond kom.
Vir die sous:
Meng suiker met water, bring tot kookpunt en prut sowat 5 minute. Haal
van stoof af. Voeg die res van die bestanddele by en giet oor warm poeding
sodra dit uit die oond kom. Dien op met geklopte room.
AARBEI EN NEUT FRUMMELPOEDING
200g brosbroodbeskuitjies
100g haselneute, liggies gerooster
50g botter
250g vars aarbeie