Bladsy 3



KRUMMEL-KAASKOEK


180 g koekmeelblom
2 ml sout
25 g strooisuiker
10 g droëgis
25 g margarien
1 groot eier, geklits
50 ml louwarm water.

Vulsel :
75 g margarien
75 g strooisuiker
35 ml koekmeelblom
2 groot eiers, geklits
5 ml gerasperde lemoenskil
250 g gladde maaskaas
75 g pitlose rosyne.

Bolaag
90 g koekmeelblom
25 g suiker
1 ml sout
1 ml fyn kaneel;
40 g margarien, gesmelt.

Meng die meel, sout en suiker saam. Voeg die droëgis by en meng. Vryf die margarien, met die vingerpunte, in die meel in. Voeg die geklitste eier en genoeg louwarm water by om 'n gladde deeg te vorm. Knie die deeg goed vir 10 minute tot glad en elasties. Plaas die deeg op 'n liggies meelbe strooide oppervlak, bedek met gesmeerde plastiek en laat vir 15 minute om te rus. Berei die vulsel deur die margarien en suiker saam te klits, tot lig en romerig. Voeg die meel en geklitste eier geleidelik by en klits goed na elke byvoeging. Vou die gerasperde lemoenskil, maaskaas en rosyne by die eiermengsel tot glad en plaas eenkant. Berei die bolaag deur die meel, suiker, sout en kaneel saam te meng en vryf dan die gesmelte margarien by die meelmengsel in. Knie die deeg af en druk die deeg liggies oor die bodem van 'n 1,5 liter gesmeerde tertbak. Plaas die voorbereide vulsel bo-op die deeg en sprinkel die bolaag bo-oor. Bedek met gesmeerde plastiek en laat op 'n warm plek om te rys tot dubbel die volume vir sowat 35 tot 40 minute. Bak in 'n voorverhitte oond by 180 C vir 35 tot 40 minute.


AMANDEL EN FRAMBOOS POEDING


1 pakkie framboosjellie
250ml koue water
250ml warm water
1 eetlepel suurlemoensap
knippie sout
250ml room
¼ koppie fyngekapte amandels

Los die jellie in die kookwater op. Voeg die koue water, suurlemoensap en sout by. Verkoel totdat die mengel dik maar nog sag is. Klits totdat dit lig en skuimerig is. Klop die room en voeg saam met gekapte amandels by die jellieskuim. Gooi in uitgespoelde poedingvorm en laat stol. Keer uit en versier met geklopte room en kruisement.


GEMMER TERT


KORS:
65ml wit margarien gesmelt
200g gemmerbeskuitjies, verkrummel

VULSEL:
40ml goue stroop
40ml gemmerstroop
300ml vlapoeier
40ml vlapoeier, aangemaak met
125ml styf geklitste room
75ml water
15ml gelatien, geweek in 25ml water
4 ingelegde gemmerstukke gekap

Meng die margarien en beskuitjiekrummels. Voer ‘n gesmeerde tertbord met ‘n deurnee van 200mm uit met die beskuitjiekrummels en bak die kors 10 minute lank in ‘n voorverhitte oond by 180C. Verhit die goue stroop, gemmerstroop en 300ml water tot kookpunt. Verhit dit. Voeg die vlapoeierpasta by die stroopmengsel en roer aanhoudend totdat die mengsel prut. Giet ‘n klein bietjie van die warm vla-stroop-mengsel in die kastrol en roer dit totdat die mengsel weer prut. Voeg die gemmerstukkies by en laat die mengsel effens afkoel. Skep die vulsel in die gaar tertkors en verkoel dit in die yskas tot gestol. Versier met roomrosies.


GESTOLDE PIESANGPOEDING


( Die poeding stol stadig, maak liefs vorige aand)

750ml water
200ml suiker
3 groot piesangs, geskil
5ml suurlemoensap
80g suurlemoenjellie
3 eiers, geskei

Verhit water en suiker tot kookpunt. Druk piesangs fyn en meng met suurlemoen sap. Roer by suikerwater, verhit en kook 1-2 minute. Haal van stoof af en laat effens afkoel. Voeg jelliepoeier by en roer tot gesmelt. Klits eiergele goed, voeg by en laat goed afkoel tot mengsel net-net dik raak. Klits eierwitte tot styf en vou in piesang mengsel in. Gooi in poedingbak en laat stol in yskas. Sit voor met roomys of vlasous.


GOUE BROOD EN BOTTERPOEDING


4 koppies broodkrummels
4 koppies melk
4 eiers, wit en geel geskei
2 eetlepels botter
appelkooskonfyt
1 koppie suiker
1 teelepel kaneel
½ teelepel sout
4 eetlepels suiker

Klits die geel van eiers en voeg suiker, melk, sout en kaneel by. Gooi melkmengsel oor brood in ‘n gesmeerde vuurvaste bakskottel. Sit klein blokkies botter bo-op. Bak in ‘n matige oond (180C) tot ligbruin. Haal uit. Smeer appelkooskonfyt liggies bo-op. Klop die wit van eiers styf met 4 eetlepels suiker en smeer oor die konfyt. Bak dit weer in ‘n matige oond tot die skuim bo-op goudbruin is. Bedien warm met vla.


HEAVENLY DELIGHT


12 malvalekkers
½ koppie gekapte neute
2 gerasperde appels
3 piesangs (fyn gesny)
3 eierwitte
½ pynappel (gekook)
1 blikkie grenadellamoes
1 suurlemoen se sap
175ml room

Plaas gerasperde appels en fyn gesnyde piesangs in ‘n bak en gooi die suurlemoensap oor. Voeg pynappel en grenadellamoes by. Voeg gesnipperde malvalekkers en neute by die vrugte. Klop die room en voeg dit by die mengsel. Vou die styfgeklopte eierwitte in die mengsel en plaas in die yskas om koud te word.


HEUNINGKOEK POEDING


½ koppie botter
1 koppie heuning of stroop
4 eiers
1 koppie meelblom
½ koppie warm melk
1 teelepel koeksoda
1 teelepel vanielje geursel

Meng suiker, meel en voeg die heuning/stroop by. Smelt botter, voeg melk en koeksoda by. Meng goed en voeg goed geklopte eiers, geursel en sout by. Bak in gesmeerde pan vir ongeveer 35minute by 180C of tot gaar. Bedien met vla of room.


OUTYDSE SOUSKLUITJIES


KLUITJIES:
250 ml koekmeelblom
10 ml bakpoeier
2 ml sout
50 ml margarien / botter
1 eier
100 ml melk

SOUS:
500 ml kookwater
25 ml margarien / botter
kaneelsuiker

Sif droë bestanddele saam. Vryf 50 ml margarien in tot mengsel soos broodkrummels lyk. Klits eier en melk saam, roer by meelmengsel in en meng tot 'n sagte deeg. Voeg nog melk by indien nodig. Verhit water en 25 ml margarien tot kookpunt. Skep lepelsvol deeg in kokende water. Sit deksel op en laat kook 15 minute.
Moenie deksel oplig terwyl kluitjies kook nie.
Skep kluitjies met 'n gleuflepel uit in 'n diep opskepskottel. Strooi kaneelsuiker oor. Kook water waarin kluitjies gaar gemaak is weer. Voeg kaneelsuiker by en giet oor kluitjies. Jy kan nog water byvoeg indien nodig.


GRENADELLA YSKASTERT


1 blik 410g Ideal melk
½ kop. strooisuiker
1 blik grenadellamoes
1 pakkie lemoenjellie
1 pakkie (200g ) Tennis beskuitjies
1 kop. kookwater

Maak jellie aan met kookwater en laat afkoel. Klop verkoelde melk tot styf. Vou suiker geleidelik by. Klop goed. Vou moes en jellie by. Klop tot romerig. Pak laag beskuitjies en gooi laag vulsel. Herhaal tot klaar. Rasper beskuitjies en strooi bo-oor. Plaas in yskas.