Bladsy 12



LEMOENKWAS TERT


30ml gelatien
75ml koue water
15 Tennis-beskuitjies
410g yskoue ingedampte melk
200ml yskoue lemoenkwas ( Oros )

Week die gelatien in die koue water en verhelder dit oor kookwater. Pak die beskuitjies op die boom en teen die sye van ‘n tertbak. Klits die gesmelte gelatien geleidelik by en daarna die lemoenkwas. Giet die mengsel op die beskuitjies en plaas dit in die koelkas om te stol.


GEBAKTE KAASKOEK MET SUURROOM


Kors
1 pak Marie-beskuitjies, en fyn gedruk
125g botter, gesmelt.

Vulsel
3 eiers
125ml strooisuiker
5ml suurlemoensap
250g roomkaas
125ml suurroom.

Versiering
125ml vars room, geklits
vars vrugte (soos druiwekorels).

Kors
Meng beskuitjiekrummels en botter. Druk dit in in 'n tertbak met deursnee van 24cm.

Vulsel
Klits eiers en strooisuiker tot lig en romerig. Voeg suurlemoensap by. Vou die room kaas en suurroom by. Gooi dit in die beskuitjiekors en bak vir 40 min. by 160 C totdat dit gestol en goudkleurig is. Verkoel en versier met room en vrugte.


AARTAPPEL POFFERS


Beslag:
375ml koekmeelblom
knippie sout
12ml bakpoeier
1 eier, geklits
genoeg water om ‘n stywe beslag te vorm
ongeveer 200ml 4-6 aartappels, geskil en in dun skyfies gesny
1 ui, in ringe gesny olie vir diepvetbraai

Meng die koekmeelblom, sout en bakpoeier saam en voeg die eier en net genoeg water by om ‘n stywerige beslag te vorm. Laat staan. Kook die aartappelskyfies in ‘n bietjie kookwater tot sag maar nie stukkend nie. Dreineer. Verhit genoeg olie in ‘n kastrol vir diepvetbraai. Plaas ‘n uiering tussen 2 aartappelskywe. Plaas op ‘n lepel en doop in beslag tot goed bedek. Plaas versigtig in die olie en braai tot goudbruin buite-om en totdat die aartappels heeltemal gaar is. Dreineer op handdoek papier.


LEMOENPOFFERS


1 koppie suiker
750ml koekmeelblom
15ml bakpoeier
2.5ml koeksoda
knippie sout
3 eiers, geklop
15ml olie
250ml lemoensap
15ml gerasperde lemoenskil
kaneelsuiker

Sif suiker, meel, bakpoeier, koeksoda en sout saam. Klop eiers, olie, lemoensap en -skil saam. Voeg by die meelmengsel en maak 'n beslag. Verhit olie tot warm en skep teelepels vol in warm olie. Braai tot goudbruin aan albei kante en gaar. Dreineer op kombuispapier. Plaas kaneelsuier kardoes of plastiek sak. Plaas poffertjies daarin en skud goed totdat alles bedek is. Sit dadelik voor.


GEGEURDE PIESANGPOFFERS


6 piesangs meelblom, gemeng met kruie en speserye
suurlemoensap van jou keuse
geklitse eier
droë broodkrummels
olie

Skil piesangs, sprinkel met suurlemoensap, rol in meelblom, dan in eiers en laastens in droë broodkrummels. Braai in warm olie totdat dit rondom goudbruin is.


SUIKERMIELIEPOFFERTJIES


250ml koekmeelblom
10ml bakpoeier
5ml sout
1ml rooipeper of matige kerriepoeier
30ml margarien(gesmelt)
2 eiers (geskei)
5ml ui (gerasper)
300ml Cheddarkaas(gerasper)
420g geroomde suikermielies
olie vir vlakvetbraai

Sif die droë bestanddele saam. Voeg die margarien by. Klop die eiergele en voeg dit by die koekmeelblom mengsel. Vermeng dit goed. Voeg die ui, kaas en suikermielies by en meng dit deeglik. Vou die styf geklitste eierwitte in. Skep teelepelsvol van die beslag in warm olie en bak dit tot goudbruin. Dreineer dit goed.


TUNAPOFFERTJIES


1 blik tuna (gedreineer)
sout
peper
2 eiers (geklits)
5ml suurlemoensap
12,5ml pietersielie(gekap)
5ml bakpoeier
120ml meelblom
30ml melk paprika
olie om in te braai

Vlok tuna en voeg oorblywende bestandele, behalwe olie en paprika by. Skep opgehoopte teelepels vol van mengsel in warm olie en braai tot goudbruin. Dreineer poffertjies en besprinkel met paprika. Dien warm op.


MIELIEPAP POFFERTJIES


250ml slap mieliepap, berei van 80ml mieliemeel
250ml meelblom
sout en peper
15ml bakpoeier
2ml mosterdpoeier
250ml gerasperde Cheddarkaas
knypie rooipeper
4 repies swoerdlose spekvleis gekap
1 eier geklop
of 2 russiese worsies
1 ui gerasper

Om te braai: 20ml olie Om te sprinkel: 20ml braaivleisspeserye
Meng al die bestanddele in ‘n groot mengbak. Verhit olie in ‘n groot pan, braai teelepels vol van die mengsel op ‘n slag tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier, sprinkel speserye oor.
Sit warm voor.


PAMPOEN POFFERS


250ml koekmeelblom
125ml bruismeel
5ml sout
5ml bakpoeier
knypie gemaalde neutmuskaat
30ml botter, gesmelt
1 eier, geklits
500g gaar pampoen, gedreineer, fyn gedruk
45ml korente(opsioneel)
375ml olie
kaneelsuiker

Sif koekmeelblom, bruismeel, sout, bakpoeier en neutmuskaat saam. Klits botter en eier saam en voeg saam met pampoen en korente by droë bestanddele. Meng tot ‘n stywe beslag. Indien meng sel te droog is, voeg ‘n bietjie koue melk by. Verhit olie in kastrol en skep lepelsvol beslag in warm olie. Braai tot goudbruin aan beide kante. Poffer is gaar indien ‘n vurk skoon uitkom. Pasop vir te warm olie Poffers sal dan nog rou binne wees maar bruin buite. Dien warm op met kaneelsuiker.


PYNAPPELPOFFERS


1 koppie meelblom
3 eetlepels suiker
1 eier
½ koppie fyn pynappel
1 eetlepel gesmelte botter
2¼ teelepel bakpoeier
½ teelepel sout
3 eetlepels pynappelstroop
2 eetlepels suurlemoensap
olie vir braai
kaneelsuiker

Meng al die droë bestanddele saam en voeg suiker by. Klop die eier in ‘n groot mengbak, voeg melk, suurlemoensap en gesmelte botter by. Meng deeglik. Voeg die droë bestanddele alles gelyk by en meng totdat die droë bestanddele klam is. Skep eetlepelsvol in warm olie en bak albei kante tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier.
Bedien warm.