SAMPIOENPOFFERJIES
250ml koekmeelblom
5ml bakpoeier
knippie sout
1 eier (geklits)
75ml melk
75ml melk
15ml botter(gesmelt)
olie vir diepvetbraai
500g knopiesampioene
(stingels gelyk afgesny)
Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam. Voeg die eier, melk en
botter by en vermeng dit tot 'n gladde beslag. Voeg nog 'n bietjie melk by as
dit te styf is. (Moenie te veel by voeg nie, aan gesien die poffertjies dan nie
vorm sal behou nie.) Vee sampioene af met kombuispapier. Doop die sampioene in
die beslag sodat dit heeltemal bedek is. Braai dit in warm olie totdat die
poffertjies liggies uitgepof en goudbruin is.. Dreineer dit op kombuispapier.
Plaas die sampioenpoffertjies op 'n opdienbord rondom 'n bakkie tartaresous
VIS POFFERS
Dit lewer 4 porsies.
4 knoffelhuisies, gekneus
20 swart peperkorrels
4 koljanderstingels, fyngekap
knypie suiker
3 groot gedroogde rooi rissies
750 g visfilette, ontvel
15 ml koekmeelblom
15 ml sojasous
75 ml sonneblomolie
Plaas die knoffel, peperkorrels, koljander, suiker en droë rissie in 'n
voedselverwerker en verwerk tot 'n gladde pasta. Voeg die visfilette
bietjiesgewys by en hou aan om tot 'n gladde pasta te verwerk. Voeg die meel en sojasous by en verwerk 'n paar sekondes. Plaas vismengsel in 'n meng
bak. Vorm 20 klein balletjies, ongeveer 2,5 cm in deursnee. Verhit die olie in
'n wok of diepbraaier en braai 'n paar balletjies op 'n slag tot 'n eweredige
goudbruin. Verwyder dit met 'n gaatjieslepel, dreineer op papierhanddoek en hou
warm.
ROQUEFORT TERTJIES
250 g broskorsdeeg
15 ml botter
15 ml gerasperde ui
15 ml meel
125 ml melk
1 eier, geskei
15 ml soet Madeira-wyn of sjerrie
75 g Roquefort-kaas
sout en swartpeper
Rol die deeg uit en voer klein ronde tertpannetjies daarmee uit. Prik
en bak 15 minute blind by 200 C. Smoor die ui in die botter. Voeg die meel by
en kook 2 minute lank. Voeg die melk by en bring tot kookpunt. Koel af tot
aanraak temperatuur en klop die eiergeel, Madeira-wyn en gekrummelde kaas by .
Geur na smaak. Klop die eierwit en vou in die mengsel. Skep 15 ml in elke tert
doppie en bak 20 minute by 200 C.
WORS EN MARMITE ROLLETJIES
8 snye dungesnyde brood
10g margarien
5ml Marmite
8 weense worsies
Verwyder korsies van brood. Rol snye brood plat aan kante met
deegroller. Smeer dun met margarien. Smeer ‘n dun lagie Marmite oor. Rol elke
sny om worsies. Sny rande netjies en verdeel elke rolletjie in drie dele. Steek
vas met tandestokkies. Steek oop punte in lemoen en plaas op tafel.
Lewer 24 rolletjies.
SOUTERIGE HAMHAPPIES
6 dun skyfies gaar ham (fyn gemaal)
125ml Cheddarkaas (gerasper)
1 hardgekookte eiergeel
3ml aangemaakte mosterd
sout en peper na smaak
pietersielie (fyn gekap)
Meng al die bestanddele, behalwe die pietersielie, en vorm balletjies.
Rol dit in die pietersielie en verkoel dit. Bedien dit met peuselstokkies.
CHINESE HAPPIES
8 dun snye witbrood
200g garnale, gedreineer
1 klein uitjie, fyn gekap
25ml oester/sojasous
3ml fyn gemmer
25ml gekapte pietersielie
2 eiers
125ml melk
sout en peper
250ml witbroodkrummels
200ml sesamsaad
olie vir diepvetbraai
Verwyder die korsies van die brood en sny elke sny in 9 vierkantjies.
Meng garnale, ui,oestersous, gemmer en pietersielie saam. Plaas ‘n skeppie van
die mengsel op ‘n broodvierkantjie en plaas ‘n ander stukkie bo-op. Maak so
toebroodjies van al die vierkantjies en vulsel. Klits die eiers en die melk
liggies en geur met sout en peper. Meng die krummels en sesamsaad. Doop elke
toebroodjie in die eiermengsel en rol daarna in die krummelmengsel. Verhit die
olie in ‘n kastrol en diepvetbraai tot mooi bruin.
MAALVLEIS IN KOMBERSIES
750ml olie
210ml koekmeelblom
knippie sout
8ml bakpoeier
1 groot eier geklop
80ml elk - melk en water, geklop
een derde basiese maalvleismengsel
Verhit olie in ‘n diep kastrol. Sif meel, sout en bakpoeier saam. Voeg
melkmengsel by en klop tot glad. Vorm klein, plat koekies van die vleis, doop
dit in die beslag en braai bolletjies twee minute aan ‘n kant in die warm olie
of tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier.
BROS TUNA HAPPIES
KORS:
7 snye witbrood (korsies afgesny)
50g botter (gesmelt)
VULSEL:
3 spekvleisrepies (gekap)
3 stingeluie (fyn gekap)
120ml knopiesampioene (fyn gekap)
25ml botter
30ml koekmeelblom
300ml ingedampte melk (onversoet)
200g tuna (gedreineer en gevlok)
5ml rissiesous
1ml sout 1ml peper
KORS:
Sny die brood in blokkies van 65mmx65mm. Doop dit in die gesmelte
botter en druk dit versigtig in kolwyntjiepanne. Bak dit 10-15 minute lank in
‘n voorverhitte oond by 180C, of tot goudbruin en laat dit afkoel.
VULSEL:
Braai die spekvleis en soteer dan die ui en sampioene in die
uitgebraaide spekvet. Voeg die botter by indien nodig. Roer die koekmeelblom by
en braai dit 1 minuut lank. Haal dit van die plaat af en voeg dan die ingedampte
melk by. Verhit dit en roer dit totdat dit verdik. Voeg die tuna, rissiesous,
sout en peper by. Plaas dit terug op die plaat en verhit dit tot deurwarm. Skep
die vulsel in die broodtertjies.
AARTAPPELBALLETJIES
4 aartappels
1 ui (fyn gekap)
12,5ml margarien
sout en peper na smaak
fyn biltong
grondboontjiebotter na smaak
Kook die aartappels en ui tot sag en druk fyn. Voeg die margarien by,
asook die sout, peper en grondboontjie botter. Vorm klein balletjies en rol in
die fyn biltong.
KAASGEVULDE FRIKKADELLETJIES
(Dit lewer sowat 20 klein frikkadelletjies)
500 g maer beesmaalvleis
1 kookappel, ontkern, geskil en gerasper
1 medium ui, fyngekap
10 ml vars tiemie of 3 ml droë tiemie
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
250ml Tusser-kaas, in 1 cm blokkies gesny
olie vir braai
Meng die maalvleis, appel, ui, tiemie, sout en peper liggies met 'n
vurk saam. Verdeel in 20 eweredige dele en vorm in balletjies, druk 'n blokkie
kaas in die middel van die frikkadelletjie. Vorm die maalvleisballetjie om dit heeltemal
te bedek. Bedek en verkoel tot benodig. Braai in verhitte olie tot gaar. Sit
warm of koud voor.
HOENDERBROODTERTJIES
6 dun snye vars brood (gebotter)
85g Nestlé Cheddar kaassmeer
1 pakkie sampioensap opgelos in 300ml melk
5ml voorbereide mosterd
250ml gaar hoender (gekap)