GEBAKTE RYSPOEDING
125 ml kortkorrel- of Basmati-rys
500 ml volroommelk
250 ml room
30 ml suiker
2,5 ml fyn neutmuskaat
5 ml gerasperde suurlemoenskil
30 ml fyn appelkooskonfyt
30 ml suiker
Mikrogolf die rys, melk en room 25 minute saam in 'n bedekte bak by
HOOG (100 %). Roer af en toe tot romerig. Voeg die suiker, neutmuskaat,
suurlemoenskil en appelkooskonfyt by. Roer om deeglik te meng. Skep die
rysmengsel in 6 bakkies, maak gelyk en sprinkel 'n teelepel suiker oor elk.
Plaas onder 'n warm rooster tot gekaramelliseer. Sit warm of koud voor met
appelkoossous.
Vrugtevariasie:
Voeg 250 ml gedreineerde, ingemaakte vrugteskyfies by nĂ¡ die suiker
bygevoeg word.
FLAN DE COCO
62.5ml suiker
25ml water
3 eiers, geskei
410g ingedampte melk
397g kondensmelk
165ml klapper
knippie sout
2.5ml vanielje geursel
Verhit die oond tot 180C. Smeer ‘n broodpannetjie. Verhit die suiker en
water en kook tot houtkleurige karamel. Gooi in die pannetjie. Klits die
eierwitte tot styf. Klits die eiergele tot goed gemeng en voeg dan die ingedampte
melk, kondensmelk, klapper, sout en vanielje by. Meng goed. Vou die eierwitte
liggies in. Gooi die mengsel op die karamel in die pannetjie. Plaas die
pannetjie in ‘n oondpan wat met 3cm water bedek is. Bak vir 30 minute. Haal
uit. Laat heeltemal koud word en bedien.
PIESANGFLUWEEL NAGEREG
100ml koekmeelblom
50ml kakao
60ml botter of margarien
600ml melk
100ml suiker
5ml rumgeursel
200g Tennisbeskuitjies, gekrummel
6 piesangs, in skyfies gesny
200ml room
25ml suiker
sjokolade vermicelli en kersies vir versiering
1ml vanieljegeursel
Meng die koekmeelblom en kakao. Smelt die botter of margarien en roer
die koekmeelblom en kakaomengsel in. Laat dit 2 minute lank kook. Voeg die melk
by en laat dit kook totdat dit verdik. Geur dit met suiker en rumgeursel. Laat
die kakaomengsel afkoel. Pak lae beskuitjiekrummels, piesangs en afgekoelde
sjokoladesous in nageregbak. Klits die room tot styf en vou die suiker en
vanieljegeursel in. Versier die nagereg met room, sjokolade vermicelli en
kersies, wanneer afgekoel.
PEER EN ROOMKAASLEKKERNY
125ml roomkaas
50ml okkerneute, gekap
425g peerhelftes, gedreineer, behou stroop
30ml aarbeikonfyt
10ml suurlemoensap
5ml mielieblom (Maizena)
Meng die roomkaas en okkerneute en voeg 15ml van die peerstroop by.
Skep die mengsel in 3 of 4 peer helftes, afhangende van hoeveel in die blik
was. Plaas die ander helftes bo-op. Verhit die konfyt en voeg die suurlemoensap
daarby. Giet die mengsel deur ‘n sif, spoel die kastrol uit en skep die konfyt
mengsel terug in die kastrol. Meng die mielieblom met ‘n bietjie water om ‘n gladde
pasta te maak en voeg dit by die konfyt mengsel. Roer dit aanhoudend oor lae
hitte totdat die mengsel verdik en verhelder. Giet die sous oor die pere en
bedien dit dadelik.
MOKKA FUDGE POEDING
75ml sagte margarien
75ml strooisuiker
1 eier
125ml bruismeel
40ml kakao
25ml kitskoffiepoeier
50ml bruinsuiker
125ml gekapte okkerneute
Sous:
300ml sterk warm koffie
25ml kakao
50ml strooisuiker
Klop die botter en strooisuiker tot romerig. Klop die eier by. Sif
meel, kakao en koffiepoeier by en meng goed. Skep in ‘n gesmeerde oondvaste bak
en sprinkel bruinsuiker en neute oor. Sous: Meng die sousbestanddele en skep
dit oor die deegmengsel in die bak. Bak 50-60 minute in ‘n voorverhitte oond by
180°C. Sit warm voor met geklopte versoete room.
OUMA CRUYWAGEN POEDING
2 eiers
37.5ml suiker
37.5ml meelblom
1ml sout
2¼ koppies melk
2 stukkies pypkaneel
12.5ml botter
‘n bietjie gerasperde neut
stroop of enige bessiekonfyt
Klits die eiers en die suiker saam en roer die meelblom daarin. Voeg
die sout by. Kook die melk en gooi dit kokend op die mengsel. Roer aanhoudend.
Gooi dit in ‘n gesmeerde oondskottel, voeg die pypkaneelstukkies by en sit
klontjies botter bo-op. Rasper ‘n bietjie neut bo-oor. Bak omtrent 30 minute
lank in ‘n matige oond by 180C. Dien dadelik op met stroop of enige bessiekonfyt.
PATATBALLETJIES IN GEMMERSTROOP
500g patats, geskil en in stukke gesny
175ml semolina
60ml sagte bruinsuiker
125ml gemengde sitrusskil, opgekap
50g gemmerstukke, in stroop ingemaak
sesamsaad om in te rol
olie vir diepvet braai
50ml gemmerstroop
30ml heuning
Kook die patats sag, dreineer goed en druk fyn. Voeg die semolina en
bruinsuiker geleidelik by en meng goed. Kap die gemmerstukke fyn. Voeg die
gemmerstukke en sitrusskil by die patatmengsel. Skep teelepelsvol in sesamsaad
en rol tot heeltemal bedek met die saad. Braai ‘n paar op ‘n slag in verhitte
olie tot ligbruin buite om en gaar van binne. Dreineer op handdoekpapier. Meng
die gemmerstroop en heuning en verhit effens. Dien die bolletjies warm op saam
met die stroop. Geklopte room smaak ook lekker hierby.
VERMICELLI-POEDING
200g vermicelli
knippie sout
125ml melasse
500ml klappermelk
5ml fyn gemmer
20ml botter
100ml rosyne
100ml kasjoeneute
Kook vermicelli in water tot net sag. Voeg die sout, melasse, gemmer en
klappermelk by. Laat prut tot sag en tot die melk bykans heeltemal geabsorbeer
is. Smelt botter en roerbraai die rosyne en neute daarin tot die neute effens
bruin is. Sprinkel oor die poeding en sit louwarm voor.
Lewer 6-8 porsies.
AMARETTO-KAASKOEK
Kors
1 pakkie Nutticrust-koekies
83 ml amandels
62 ml gesmelte botter
20 ml amandellikeur.
Meng al die bestanddele en druk korsbestanddele in 'n losboompan met 'n
deursnee van sowat 22 cm. Plaas in vrieskas terwyl daar voortgegaan word om die
vulsel te meng. Voorverhit oond tot 160 C.
Vulsel
500 ml ongegeurde joghurt
250 g room
4 eiers
83 ml amandellikeur
250 ml suiker
1 ml sout.
Meng al die bestanddele vir vulsel. Klits 'n paar minute tot goed
gemeng. Gooi in 'n voorbereide kors. Bak vir 1 uur. Skakel oond af. Laat
kaaskoek afkoel in oond met die deur effens oop. Laat staan kaaskoek vir sowat 8
uur om geur en smaak te verbeter.
MARSHMALLOW VERRASSING
250ml room
1 pakkie Tennis beskuitjies
250ml malvalekkers fyn gesny
397g kondensmelk
wyn of sjerrie
12 kersies
125ml suurlemoensap
500ml melk
2 eetlepels vlapoeier
1 blikkie grenadellamoes
Maak vlapoeier aan met ‘n bietjie van die melk. Verhit die res van die
melk en roer vlapoeier by. Kook tot dik en gaar. Voeg grenadellamoes by
afgekoelde vla. Meng kondensmelk en suurlemoensap en klop tot dit styf is. Voeg
gesnipperde malvalekkers by. Vou geklopte room by kondensmelk in. Pak ‘n laag
Tennisbeskuitjies wat in wyn gedoop is in ‘n vierkantige poedingbak en gooi die
helfte van die vlamengsel oor. Gooi die helfte van die kondensmelkmengsel oor
en strooi die helfte van die gesnipperde kersies oor. Herhaal dieselfde
volgorde en eindig weer met kersies
bo op. Plaas in yskas om styf te word.