Bladsy 8



PEPPERMENT-CRISP KARAMELTERT


Die tert is vir diegene wat glo hulle kan nie bak nie. Dit is vreeslik maklik en vinnig om voor te berei en vind altyd groot byval.

1 x 380 g blik karamelkondensmelk
50 ml suurlemoensap
2 x 125 ml-sakkies Orley Whip
2 x 50 g-stafies pepermentsjokolade, gerasper
1 x 200 g-pakkie Tennis-beskuitjies

Meng karamelkondensmelk en suurlemoensap goed saam. Klits die Orley Whip tot styf en vou in die kondensmelkmengsel in. Smeer 'n langwerpige glasbak 20 x 30 x 5 cm, of bespuit dit met kleefwerende middel. Pak 'n laag beskuitjies op die boom van die bak en smeer 'n laag konden smelkmengsel eweredig oor.
Sprinkel gerasperde pepermentsjokolade oor. Herhaal die lae totdat die beskuitjies en kondensmelkmengsel op is, eindig met 'n laag gerasperde pepermentsjokolade.
Plaas die tert in die koelkas.


PYNAPPEL CREMORA TERT


500g Cremora melkpoeier
250ml kookwater
2x397g kondensmelk (verkoel)
250ml suurlemoensap
12 Tennisbeskuitjies
410g fyngemaakte pynappels

Los die melkpoeier in die kookwater op en verkoel vir 1 uur in die yskas. Roer die kondensmelk by en klits tot styf. Klits die suurlemoensap geleidelik by en roer die fyn pynappel deur. Pak beskuitjies in ‘n plat reghoekige tertbord en giet die mengsel bo-oor. Plaas in die yskas tot stewig en versier met room indien verkies.
Lewer 1 groot tert.


AARBEIROOM


500g aarbeie
200ml strooisuiker
20ml gelatien
50ml water
2 eierwitte
400ml room (geklits)
geklitste room en aarbeie vir versiering

Sny aarbeie skoon, was en sny in skywe. Strooi strooisuiker oor en laat 30 minute staan sodat sappe kan trek. Puree in vermenger tot glad en giet in bak. Maak gelatien in water sag, los oor lae hitte op en roer oor aarbeipuree in. Hou eenkant totdat dit begin verdik. Klits eierwitte styf met ‘n knippie sout en vou in saam met room. Giet in vorm en verkoel tot gestol. Keer uit vorm en versier met ekstra geklitste room en aarbeie.
Lewer 8-10 porsies.


BEVRORE TUTTI-FRUTTI


125 ml okkerneute, gekap
410-g-blikkie peerhelftes, gedreineer
50 g glanskersies, gekap
125 g dadels, gekap
12 malvalekkers, gekap
250 g geroomde maaskaas
25 ml strooisuiker
250 ml room, styf geklop

Meng neute, pere, kersies, dadels en malvalekkers. Verroom maaskaas en suiker. Voeg vrugte by. Vou room in. Giet in vorm, en bevries tot gestol. Haal uit vorm en versier soos verkies.


VESELPERSKE-GENOT


6-8 veselperskes (mango’s)
1 groot blik lietsjies
4-6 geel taaipitperskes
1 klein papaja
50ml suiker
100ml jenewer of vars lemoensap

Skil die veselperskes en sny vleis in dun skyfies en plaas in groot bak, maar hou die vleis van 2 veselperskes eenkant. Dreineer die lietsjies en voeg by die veselperskes. Skil en ontpit die papaja en sny in skywe. Voeg by veselperskes en lietsjies. Plaas die vleis van die 2 veselperskes, 100ml van die lietjsiestroop, suiker, jenewer en 2 skywe papaja in versapper of voedselverwerker en verpulp. Gooi oor die vrugtemengsel en verkoel oornag. Bedien met roomys.


PYNAPPELKAASKOEK


6 volkoring beskuitjies
25ml water
10ml margarien gesmelt
37.5ml gelatien
125ml water
250ml ingemaakte pynappelstukkies
180ml gedreineerde pynappelsap
375ml gladde maaskaas (voeg water by indien nodig)
170ml ricottakaas
1 eier, geskei
60ml ongegeurde jogurt
25ml suurlemoensap
120ml suiker
5ml vanielje geursel
1ml sout

Meng beskuitjies, water en margarien. Sprinkel op bodem van pan. Week gelatien in water. Dreineer pynappel en hou sap. Kook pynappelsap. Verwyder van hitte. Roer gelatien by tot opgelos. Klits eiergele by maaskaas en ricottakaas. Roer alle bestanddele, behalwe eierwit, by maaskaasmengsel. Verkoel vir 1 uur.
Klits die eierwitte tot sagtepuntstadium. Vou in by die maaskaasmengsel. Skep oor kors en versier met pynappelstukkies. Verkoel oornag.


WYNJELLIE MET KERSIES


25ml gelatien
125ml koue water
750ml droƫ witwyn
125ml suiker
65ml Grand Marnier
stukkie pypkaneel
2x5cn-repies elk suurlemoen en lemoenskil
6 heel naeltjies
400g bottel Morellokersies, gedreineer, ontpit

Sprinkel die gelatien oor koue water en laat staan om te versag. Meng wyn, suiker, Grand Marnier, skil, kaneel en naeltjies in ‘n kastrol vir 5 minute. Roer gelatien in tot opgelos. Suig deur in ‘n bak en laat afkoel. As mengsel stroperig word, roer die kersies in. Spoel ‘n 1.2lt vorm met koue water uit. Gooi mengsel in en verkoel tot gestol. Keer uit op ‘n opdienbord. Bedien met koue vla of roomys.
Lewer 6 porsies.


JOODSE KAASKOEK


Kors:
¾ pakkie Marie beskuitjies, verkrummel
125g margarien, gesmelt
15ml suiker

Vulsel:
2x250g fyn maaskaas
125ml room
3 ekstra-groot eiers
200ml suiker
5ml vanielje geursel

Voorverhit die oond tot 180C. Meng beskuitjiekrummels, margarien en suiker. Druk dit met die agterkant van ‘n metaallepel vas teen die wand en boom van ‘n oondvaste tertbord met ‘n volume van 1 liter. Meng die maaskaas, room, eiers, suiker en vanieljegeursel saam. Gooi dit in die krummelkors. Plaas in die oond en bak die kaaskoek vir 15 minute. Verlaag die temperatuur tot 150C. en bak dan vir nog ‘n verdere 15 minute. Skakel die oond af, laat die oonddeur op ‘n skrefie oop en laat die kaaskoek in die oond afkoel. Plaas dit daaran in die koelkas om goed koud te word.


AARBEI KAASKOEK


KORS:
200g Tennisbeskuitjies, gekrummel
125g botter

VULSEL:
2x397g kondensmelk
2x250g gladde maaskaas
125ml suurlemoensap
vars aarbeie vir bo-op

Smelt botter en roer beskuitjiekrummels by. Druk vas op die bodem van ‘n losboom koekpan, 20 cm in deursnee. Klits al die bestanddele van die vulsel saam. Giet in kors en bak 15 minute lank by 180C. Laat behoorlik afkoel voordat dit uit die pangehaal word. Verkoel in yskas. Sny aarbeie in skyfies en pak bo-op tert.


PIESANG SAGO POEDING


2 eetlepels sago
1 eetlepel botter
2 koppies melk
2 eetlepels suiker
2 eiers, wit en geel apart
500ml fyn piesangs

Kook die sago in die melk tot dit gaar is en voeg die botter en suiker by. Voeg die geklitste eiergele by en laat afkoel. Voeg die piesangs by en meng goed. Klop die eierwitte styf en voeg by. Bedien koud.