Bladsy 9



GEBAKTE GRENADELLA TERT


KORS:
150g botter
250ml versiersuiker
2 groot eiers
500ml koekmeelblom
125ml fyn amandels
3ml fyn kaneel

VULSEL:
250ml room
110g grenadellamoes
25ml mielieblom
6 eiergele
125ml strooisuiker
125ml amandelsplinters

BOLAAG:
110g grenadellamoes
12.5ml mielieblom

KORS:
Meng botter en versiersuiker in voedselverwerker. Voeg eiers by en meng goed. Voeg meelblom, amandels en kaneel by, meng om bal te vorm. Haal uit, draai in kleefplastiek toe en sit in yskas vir 1 uur. Rol uit en voer ‘n 220mm tertbord uit. Prik boom. Sit tertpan in yskas vir 20 minute. Voorverhit die oond tot 200C. Bak vir 12 minute, haal uit en laat afkoel.

VULSEL:
Meng room, grenadella en mielieblom, verhit tot warm. Klits eiers en strooisuiker in boonste deel van dubbelkoker tot lig en skuimerig. Klits warm roommengsel by. Roer oor hitte tot dik. Gooi uit, koel af. Strooi amandels in tertdop, maar hou ‘n paar eenkant vir versiering. Skep vlamengsel in tertdop.

BOLAAG:
Verhit die grenadellamoes en mielieblom tot begin verdik en skep bo-op. Versier met res van amandels. Bêre in yskas tot met opdiening.


JOGURT TERT


500 ml Jogurt (enige geur waarvan julle hou)
1 blik kondensmelk
1 pak Tennis beskuitjies
botter

Maak beskuitjies fyn vir kors en meng met gesmelte botter. Meng jogurt en kondensmelk goed. Gooi oor kors en sit in mikrogolfoond vir 4 minute op hoog. Sit in yskas vir ± 1½ uur.


KARAMEL SUURLEMOEN TERT


Deeg:
500 g koekmeel
175 g versiersuiker
250 g botterblokkies, by kamertemperatuur
skil van een suurlemoensap, gerasper
2 klein of 1 groot eier vanieljeessens

Vulsel:
9 eiers
400 g strooisuiker
5 suurlemoene, skil van twee (gerasper)
250 ml dik room
sap van 5 suurlemoene

Sif meel en versiersuiker. Vryf botter in. Maak dammetjie in meel en voeg suurlemoenskil en vanieljesessens by. Klits eiers en gooi in dammetjie. Maak deeg aan met vingers. Draai toe in plastiek en laat rus 30 minute lank in koelkas.
Maak intussen die vulsel.
Klop eiers, suiker, sap en skil tot goed gemeng. Vou room in. Haal deeg uit koelkas, laat staan 10 minute lank en rol uit. Voer losboom-koekpan met deeg uit. Laat 1 cm oor rand hang. Voer uit met foelie en pak goed met bakkersboontjies. Bak 10 minute lank by 100 C. Verwyder foelie en bak nog 10 minute lank. Gooi koue vulsel in warm tertdop en bak 30 minute lank by 120 C.
Voor opdiening:
Stel oond op rooster. Sif 50 g versiersuiker bo-oor tert sodra dit uit oond kom. Sit terug onder die rooster vir suiker om te karamelliseer. Sit warm voor met room.


KOFFIE TERT


KORS:
4 eiers
250ml suiker
30ml botter
125ml melk
250ml meel
10ml bakpoeier
2.5ml sout
5ml kitskoffie poeier

STROOP:
250ml water
180ml suiker
30ml kitskoffiepoeier
5ml vanielje geursel

VULSEL:
1 blik karamel
1 pakkie karamel kitspoeding
250ml melk
250ml room
melksjokolade krulle

BEREI KORS:
Voorverhit die oond tot 180C. klits eiers en suiker tot lig en romerig. Smelt botter en voeg melk by. Sif droë bestanddele saam en klits by eiermengsel. Voeg bottermengsel by en meng goed. Voer die bodem van ‘n tertbak uit met die kors. Bak vir sowat 15 minute.

BEREI STROOP:
Verhit al die bestanddele behalwe die vanieljegeursel in ‘n kastrol oor matige hitte en roer totdat die suiker opgelos is. Bring tot kookpunt en laat vir 5 minute prut. Voeg vanieljegeursel by stroop. Giet versigtig oor kors sodra dit uit die oond kom. Laat afkoel.

BEREI VULSEL:
Klop karamel liggies met ‘n vurk en smeer oor die kors. Maak kitspoeding aan met melk. Klop room styf en vou in. Skep oor karamel. Versier met sjokolade krulle en plaas in yskas tot gestol.


MALVA POEDING


250ml strooisuiker
2 eiers teen kamertemperatuur
15ml fyn appelkooskonfyt
1¼ koppie meelblom
5ml koeksoda
knippie sout
30ml botter
5ml asyn
125ml melk

SOUS:
250ml room
½ koppie botter
125ml suiker
½ koppie water, lemoensap, sjerrie of brandewyn

Gebruik ‘n medium grootte mengbak. Klop die eiers en strooisuiker met ‘n klitser deeglik saam tot lig en donsig. Klop die appelkooskonfyt by. Sif die droë bestanddele drie maal saam. Smelt die botter en voeg dit by die asyn en melk. Vou die droë bestanddele om die beurt met die melkmengsel by die eiermengsel. Gooi die beslag in ‘n medium grootte gesmeerde, vuurvaste oondskottel. Bak vir 45 minute teen 180C.Smelt die bestanddele vir die sous saam en gooi oor die poeding sodra dit uit die oond kom..Steek gaatjies in die poeding met ‘n vurk om die sous te help intrek. Dien warm op, saam met vla of room.


WARM SJOKOLADE POEDING


500ml koekmeelblom
500ml suiker
125g margarien of botter
125ml sonneblomolie
60ml kakao
250ml water
2 eiers, geklits
5ml vanieljegeursel
5ml koeksoda
125ml karringmelk.

Versiersel
75ml botter
15ml kakao
40ml karringmelk of natuurlike jogurt
250g versiersuiker
2ml vanieljegeursel
190ml grof gekapte pekanneute.

Sif meel en suiker. Smelt margarien of botter saam met olie en roer kakao en water by. Verhit tot kookpunt en giet oor droë bestanddele. Voeg eiers, vanieljegeursel, koeksoda en karringmelk by. Meng deeglik en skep in groot, gesmeerde oondskottel. Bak sowat 30 tot 40 minute lank by 180 C of tot toetspen skoon uitkom. Berei versiersel. Smelt botter of margarien en roer kakao en karringmelk of jogurt oor lae hitte by. Haal van stoof af en roer versiersuiker en vanieljegeursel by. Giet oor warm poeding en strooi neute oor.


TIRAMISU


125 ml sterk swart koffie
62.5 ml brandewyn
2 groot eiers geskei
125g Bakers Boudior beskuitjies
25 ml strooi suiker
10 ml addisionele brandewyn
10 ml kakao
150g la campania mascarpone kaas

Meng koffie en 62.5 ml brandewyn. Doop beide kante van die beskuitjies in die mengsel en rangskik op die bodem van 'n vlak bak. Bedek die bodem van die bak met die beskuitjies. Gooi die oorblywende stroop oor die beskuitjies. Room geel van eiers (geskei) en strooisuiker saam tot dit dik en geel is. Voeg 10 ml brandewyn en la Campania kaas by die eiermengsel en meng tot glad. Klits die eier witte tot styf, en vou in die eiermengsel in. Gooi die mengsel oor die beskuitjies. Los in die yskas vir 4 ure tot dit geset is. Besprinkel met kakao voor
dit bedien word. Bedien 4 - 6 porsies.