Bladsy 10



GEBAKTE SAGOPOEDING


750ml melk
125ml sago
15ml margarien
knypie sout
75ml witsuiker
50ml gouestroop
6 ekstra groot eiers

Verhit die melk, sago, margarien en sout in ‘n dikboomkastrol tot kookpunt. Stel die hitte laer en prut die mengsel totdat die sago deurskynend is. Roer gereeld. Voorverhit die oond tot 200C en plaas ‘n pan met kookwater op die onderste oondrak. Smeer ‘n oondvaste bak van 25x15x5 cm. Klits die witsuiker, gouestroop en eiers goed saam. Voeg dit by die sagomengsel en meng goed. Giet die mengsel in die bak. Bak die poeding 25-30 minute tot goudbruin en gaar. Sit dit louwarm voor met vla.


ITALIAANSE KAASKOEK


1 pakkie vingerbeskuitjies
250ml sterk, swart afgekoelde koffie
3 eiergele
100ml strooisuiker
50ml brandewyn of rum
2x250g gladde maaskaas
150g kook sjokolade

Pak die vingerbeskuitjies op die bodem van ‘n bak van 24x24cm. Giet die koffie bo-oor. Klits die eiergele en strooisuiker saam tot lig en dik. Voeg die brandewyn of rum by en meng. Meng die maaskaas met die eiermengsel en skep uit op die vingerbeskuitjies. Verkoel. Versier met sjokolade blare en krulle. Lewer 1
medium tert.


SJOKOLADE KAASKOEK


KORS:
350 g Choc Vitola-koekies
200 g gesmelte botter

VULSEL:
4 eiers
450g roomkaas
50g strooisuiker
225g donker sjokolade
4 eetlepels Van der Hum-likeur
30 ml room, effens geklop

Maak die kors deur die beskuitjies fyn te maak en die gesmelte botter by te meng. Voer die bodem van 'n 25 cm-losboom-koekpan daarmee uit. Klop die eiers, roomkaas (wat sowat 20 minute vroeĆ«r uit die yskas gehaal is) en suiker in mengbak. Smelt die sjokolade in 'n dubbelkoker, maar moenie dit te warm laat word nie. Klop die sjokolade by die kaasmengsel, voeg die likeur by en vou die room in. Gooi die mengsel in 'n koekpan. Bak 1½- 2 uur in 'n voorverhitte oond by 150C. Laat dit in die oond afkoel.


KANEELTOFFIE POEDING


150ml melk
1 eier, geklits
1½ teelepel fyn kaneel
50g margarien
4 snye brood met sesamsaad (2.5cm) elk
2 eetlepels sagte bruinsuiker
4 eetlepels goue stroop
1 eetl sesamsaad (opsioneel)

Klop die melk, eier, en kaneel saam. Doop die brood daarin. Plaas die botter, suiker, stroop, en sesamsaad in 'n pan. Verhit stadig totdat die mengsel skuimerig word. Voeg al die stukkies ge -doopte brood gelyk by.
Kook 1-2 minute aan 'n kant, draai dan om sodat ander kant kan bruin word. Wanneer hulle begin bros word, rangskik op 'n verhitte opdienbord en gooi oorblywende toffiemengsel oor.
Lewer 4 porsies.


DOMKOP SOUSKLUITJIES


3 koppies melk
3 gelykvol eetlepels mielieblom
3 eiers (wit en geel geskei)
suiker na smaak
knippie sout
½ koppie gesmelte margarien
kaneelsuiker vir oorstrooi

Stel die oond op 160C. Klits eierwitte tot styf. Klop eiergele. Kook die melk. Meng mielieblom, suiker en sout met ‘n bietjie water in ‘n beker tot ‘n gladde pasta. Voeg geklopte eiergeel by en voeg dan die kookmelk by.
Gooi alles in kastrol en kook tot gaar. Roer gedurig. Haak van hitte af en voeg styfgeklitste eierwitte by. Vou in met slaplem mes. Doop dessertlepel in gesmelte margarien. Skep lepelsvol van mengsel in glasbak. Doop telkens in die margarien. Strooi kaneelsuiker oor elke laag. Gooi orige margarien bo-oor, en sit deksel op bak. Plaas in oond tot gebruik.


PYNAPPEL YSKASTERT


1 pakkie tennisbeskuitjies
125ml appelkooskonfyt
25ml sjerrie
1 pakkie suurlemoenjellie
250ml kookwater
397g (1blik) kondensmelk
440g (1blik) fyn pynappel
geklopte room vir versiering

Smeer tennisbeskuitjies met appelkooskonfyt en plaas 2 opmekaar. Plaas in 200mm vierkantige bak. Sprinkel sjerrie oor die beskuitjies. Los jellie op in kookwater, en voeg die kondensmelk en fyn pynappel by. Gooi oor beskuitjies en laat afkoel. Versier met pynappel en room of sprinkel beskuitjiekrummels bo-oor.


RUM EN ROSYNE YSKASTERT


250ml kookwater
420ml pitlose rosyne
250ml room
397g Caramel Treat (kondensmelk)
3ml vaniele geursel
8ml rumgeursel
200g Tennis beskuitjies (1 pakkie)

Giet die kookwater oor die rosyne en laat dit 15 minute lank week. Klits die room styf. Voeg die Caramel Treat, vanielje en rumgeursel by en klits weer goed. Dreineer die rosyne, voeg dit by die kondensmelkmengsel en meng dit goed deur met ‘n houtlepel. Rangskik ‘n laag Tennisbeskuitjies op die boom van ‘n vierkantige tertbord van 220mm x 220mm, wat liggies met botter gesmeer is. Skep ‘n laag rosynemengsel bo-op die beskuitjies. Herhaal die lae en eindig met ‘n laag rosyntjiemengsel. Verkrummel ‘n paar beskuitjies en strooi dit bo-oor. Verkoel die tert 2-3 ure lank in die yskas of totdat die vulsel gestol het.


SJOKOLADE PEPPERMENT POEDING


250ml koekmeelblom
25ml kakao
15ml bakpoeier
knippie sout
50g (½ plak) peperment sjokolade, gerasper
200ml sagte bruinsuiker
60ml sagte botter of margarien
1 ekstra groot eier
180ml melk

SOUS:
250ml water
250ml sagte bruin suiker
50g (½ plak) peperment sjokolade

Voorverhit die oond tot 180C en smeer ‘n medium oondbak met botter of bespuit met kleefwerende kossproei. Sif koekmeelblom, kakao, bakpoeier en sout saam. Roer sjokolade by. Verroom botter en bruinsuiker baie goed en klits eier en melk by. Voeg meelmengsel by en meng goed. Giet in voorbereide bak. Verhit al die bestanddele vir sous saam tot kookpunt. Roer tot suiker gesmelt is. Giet kokende stroop oor beslag en bak 30 minute lank tot gaar. Geniet dit saam met roomys.


SJOKOLADE-EN KERSIE-PAVLOVA


Pavlova
10 ml elk mielieblom, asyn en karamelgeursel
5 eierwitte
355 ml strooisuiker
50 g donker sjokolade, gerasper
15 ml kakao

Vulsel
250 ml vars room
100 g haselneute, gerooster
vars kersies

Vir die pavlova:
Stel die oond op 140°C. Voer 'n bakplaat met bakpapier uit waarop individuele sirkels van die verlangde grootte getrek is. Meng die eerste drie bestanddele tot 'n pasta. Klits die eierwitte styf en voeg die suiker, asook die mielieblompasta, lepelsgewys by. Klits tot 'n stywe, dik mengsel. Skep die helfte van die mengsel in 'n tweede bak, vou die gerasperde sjokolade in en sif die kakao daaroor. Vou versigtig in. Skep die kakaomengsel by die meringue (in die eerste bak) en roer liggies deur. Verdeel die meringue-mengsel tussen die sirkels op die bakplaat. Maak met die lepel 'n effense holte in die middel van elkeen. Bak sowat 'n uur in die voorverhitte oond. Skakel die oond af en laat afkoel in die oond. Haal uit wanneer dit koud is.

Vir die vulsel:
Klits die room en vou die helfte van die haselneute daarby in. Plaas die meringues op individuele bordjies en skep van die vulsel in elke holte. Rangskik kersies bo-op en strooi die res van die neute oor.